RENE - VREDE IN DIE CHAOS - CD AVAILABLE from 15 SEPTEMBER 2023

Regular price R 199.95 Sale price R 179.95 Save R 20.00
/
Tax included. Shipping calculated at checkout.

Only 3 items in stock!

Ná ‘n stilte van 20 jaar is René Compton (néé Van den Berg) terug met ‘n nuwe Afrikaanse album, Vrede in die chaos. Dié album spog met 13 splinternuwe liedjies waarvan die oorgrote meerderheid uit René se pen is.

René is op 20 Januarie 1969 in Klerksdorp gebore, waarna sy in Bloemfontein skoolgegaan en in 1986 aan die Hoërskool Sand du Plessis gematrikuleer het.

In haar eerste jaar as verpleegkunde-student aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies), wen sy die kampus se talentkompetisie met een van haar eie liedjies. Sy tree dan ook gereeld saam met bekende kunstenaars soos Anneli van Rooyen, Rina Hugo, Jan de Wet en Lucas Maree op. René was ook die voorkunstenaar by die gewilde Kerslig, Vers en Melodie-vertonings van Jannie du Toit in Pretoria se Staatsteater.

In 1996 word haar eerste album, Kampus lady, deur Dawn musiek/Polygram vrygestel, met die treffer Marionettespel wat gereeld op radiostasies landswyd gespeel is. Sy kies egter om in die verpleegberoep te bly en musiek slegs as ‘n stokperdjie te beoefen.

In 2003 sien haar tweede album, Die verkeerde kant van reg (Blue Isle music/Bowline) die lig nadat die eienaar van Blue Isle Music haar musiek by ‘n gemeenskaplike vriend gehoor het. Die album ontvang baie goeie resensies.

CJ de Swardt van Keur skryf: “Danksy algehele kreatiewe vryheid – gekomplimenteer deur puik musikante – kon René haar eiesoortige stempel op dié wêreldklankskildery afdruk. Sy vertolk met drywende siel en roer die emosies met haar sonderlinge aanslag deurmekaar. Dit is bekroningswaardige werk, gemik op die geoefende oor en liefhebbers van fynproemusiek.”

Lizl Strauss skryf in STAGE: “This is your typical Afrikaans artist at her best – wow, René has a devilish nuance in her voice not often found. Something in the way she holds, approaches a note/phrase that adds much more meaning through unique but subtle dynamics. A deep-thinking, stylish album”.

Nou is René, reeds die afgelope 17 jaar ‘n Pretorianer, terug met Vrede in die chaos. Liedjies waarna gehore kan uitsien sluit in Torring los, Sondagmiddag blou, Toets van tyd, Kleurvolle sirkels, Scar tissue & Baksteenmure.

Why choose us?

M-Pire Music

We're bringing vinyl back!

We want you to experience the music you love in all its essence, in its purest form. This is why we are so obsessed with vinyl records. We have a deep love and respect for the art of artists and want to spread their song like wildfire.

Testimonials

★★★★★

I never knew what I was missing until I bought my first vinyl record. The sound was stunning, absolutely hypnotizing. MPire Music just took music to an old, but new level!

Samantha L
Cape Town, SA
★★★★★

Enjoyed the whole experience! Such a great range of artists, I can't help but keep coming back for more. The shipping is quick and the service friendly.

Jeffery Lange
Johannesburg, SA

Recently viewed